Tuis is ’n praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin wat lesers in staat stel om hulle blyplekke mooi te maak, en die waarde daarvan te laat toeneem – binne én buite. Die tydskrif maak die lewe makliker vir mense wat ’n huis wil koop, bou of opknap, of lus is vir tuinmaak, kosmaak of mooimaak. Tuis wys nie net mooi goed nie – ons verduidelik ook wat waarde sal toevoeg tot jou eiendom, en hoekom. Die tydskrif bied bekostigbare en toeganklike keuses aan lesers, hulp met selfdoenprojekte, en raad vir opknapwerk. Dis vir gewone mense – mans én vroue – met gewone lewens, gewone loopbane en gewone huise; mense wat graag hulle eiendomme wil verbeter, en dit moet doen op ’n begroting.
HALLO
Tuis
Ons lesers sê • Stuur ’n e-pos na redakteur@tuis.co.za en skryf in die onderwerpreël: Brieweblad. Gesels saam by facebook.com/tuistydskrif, of volg ons op Instagram by @TuisHomeMag. Verstrek asseblief jou naam en van, asook die naam van jou dorp, wanneer jy aan ons skryf.
Speel & werk EWE HARD • Die interieurontwerper Sihan Wiid van Mink Interiors rig ’n gesinshuis in dat dit net so funksioneel as speels is.
Wat’s nuut
Skuurhuis MET ’N VERSKIL • Geen opknap hier van ou plaasgeboue nie; dié Overbergse huis spog met twéé nuwe skure verbind deur ’n glasstruktuur.
KOM BINNE, lig en lug • ’n Argitek, interieurargitek en landskapontwerper wys hoe spanwerk ’n sestigerhuis outentiek, maar kontemporêr herskep het.
EKSIEPERFEKSIE eenvoud • Die nuwe eienaars het met die instap geval vir dié Stanford-huisie wat lyk of dit op ’n Karoo-plaas kon tuis wees.
Hallo somer! • Min lekkertes kom by ’n tipiese Suid-Afrikaanse stoep. Put inspirasie uit dié gesellige kuierplekke.
Sit gerus • MAAK MOOI MET ’N SPOGGERIGE BUITESTOEL
Hou dit lig • KIES ’N STYLVOLLE LAMP VIR JOU STOEPTAFEL
Kurwes vir ’n ou dame • Eens ’n stewige staatmaker uit die 60’s is dié huis nou ’n moderne tuiste met die mooiste rondings.
SKRYF NOU IN! • Jy sal moet opskud as jy wil inskryf vir ons jaarlikse Regruk met Flair-kompetisie, nou in vennootskap met Gelmar. Die sluitingsdatum wink, en R120 000 is op die spel! Waarom wag? Jy kan wen!
Saksmeer ’n muur • As jy ’n ongepleisterde muur wil beskerm en ’n karaktervolle voorkoms wil gee wat ook lig op jou sak is, saksmeer hom!
Vra die kenners • Nuuskierig oor speelse dekor of gereed om jou eie dekorstyl te identifiseer? Vra net – ons kry die antwoorde.
Dieremaniere
Tuindagboek
BLOKRAAI #187
MET ’N hart vol blomme • Die blote gedagte aan 'n leë nes het Emma Hudson met nuwe oë na haar tuin laat kyk – waar sy toe nuwe vreugdes ontdek.
MIDDAGETE is by my! • Lig en lekker is die wagwoorde vir kuieretes in die dag. Meng en pas jou vars spyskaart – ons gee twee opsies vir heerlike somerbestanddele wat jou gaste baie gelukkig gaan maak.
Karringmelk-krummelhoender • Maak dié klassieke wegneem-bederf maklik tuis, maar met ’n kinkel.
Kos is op die tafel!
Kos & drank
Stoepstories uit die Hantam • ’n Onlangse besoek aan Calvinia herinner Karin Brynard skielik weer aan ’n gekoesterde tyd uit haar jeug.